KOOKSKOOL VIR KINDERS

?

ONS STORIE

Kook en kinders, my passie!

Juanita Venter se liefde vir kinders én kook was haar inspirasie om met die Petite Chef Kookskool vir Kinders te begin. Dié oulike kooksool is gestig in 2018 en spog met meer as 100 kinders in verskeie klassies.

Ek het nooit verwag dat dit so vinnig so groot gaan word nie en die kinders het my lewe heeltemal oorgeneem. Die goed wat ek by hulle leer, verbaas my daagliks. Daar is twee redes waarom ek ‘n kookskool wou begin het. Nie alle mammas kry deesdae tyd om vir hul kinders te wys hoe om ‘n eier gaar te maak of hoe om ‘n koek te bak nie. Ons almal weet dat die lewe net te gejaag is daarom wil ek die gemeenskap se ma’s in die opsig help. Die ander rede is nie om kinders te leer kook nie, maar om elkeen vir die uur wat hulle hier is, soos die belangrikste persoon op aarde te laat voel.

Petitie Chef bied kookklasse aan vir alle ouderdomme. Tydens hierdie klasse sal leerders hope vermaak geniet en ook lewensvaardighede aanleer.

BAIE OULIK!

“Baie oulike klassies vir kinders. My dogtertjie geniet dit verskriklik en kan elke keer nie wag vir haar volgende klassie nie.”

Samantha Cillie

HOOGTEPUNT

“Hierdie is my 4 jarige seuntjie se hoogtepunt van sy week. Hy love dit!”

Amanda van Wyk

KINDERS IS MAL DAAROOR

“Ons kinders is mal daaroor! Juanita het nie net ‘n liefde vir kosmaak nie maar vir ons kinders ook!

Renate Burger Barnett

JY IS ‘N STER!

“My kind love dit! Dankie vir al jou moeite met die klasse. Jy is ‘n ster!”

Sindy Doman

ONS KOOKBOEK

KOEKERASIE!

Petite Chef Kookskool is ongelooflik trots op die vrystelling van ons eerste kookboek – Koekerasie, wat saamgestel is deur al die Sjeffies by die skool. Boek beskikbaar by Petite Chef.

ONS ANTWOORD

JOU VRAE

WAT IS DIE KOSTE PER KLAS?

Daar is ‘n maandelikse koste van R250 per kind. Hierdie koste sluit alle bestandele en gereedskap in. Daar is ook ‘n eenmalige registrasie fooi van R175 per kind. 

WAAR IS JULLE GELEE?

Ons bied kook klasse aan in Randfontein en Krugersdorp.

BIED JULLE ENIGE ANDER KLASSE AAN?

Ja ons doen! Buiten die kook klasse bied ons:

  • Engelse Klasse
    • R250 per maand
    • R175 registrasie eenmalig
  • Wiskunde Klasse
    • R250 per maand
    • R175 registrasie eenmalig
HOEVEEL KLASSE IS DAAR PER MAAND?

Daar is een klas per week en in skool vakansies. 

HOE SKRYF EK MY KIND IN?

Jy kan die inskrywings vorm hier aflaai, of my gerus kontak op 064 971 8509.

KONTAK MY

JUANITA
064 971 8509
info@petitechefschool.co.za

WERKSURE

MAANDAG – VRYDAG
08:00 – 19:00